Search thousands of fresh jobs

×
This job is expired
Pillangó Placements

Advertising Sales Representative (Afrikaans)

Pillangó Placements

  • R12,000 - R15,000 per month
  • Permanent Senior position
  • Pretoria
  • Posted 17 Apr 2025 by Pillangó Placements
  • Expires in 21 days
  • Job 2608098 - Ref PTA003324

About the position

Pillangó Placements is deur Plus 50 Media getaak vir die werwing van ’n ervare advertensie bemarker vir twee van die maatskappy se publikasies wat gerig is op die seniorsmark van Suid-Afrika, Plus 50 (twee maandeliks) en die Plus 50 Streek wat elke 6 maand publiseer word. Die tydskrif is ’n gevestige huishoudelike naam in die bedryf en is ook digitaal beskikbaar. Daar is landwyd intekenare en tuisaflewering sowel as posaflewering geskied.
Die firma is op soek na ‘n ervare advertensiebemarker met bewese toepaslike ervaring. Hul hoofkantoor is in Lynnwood, Pretoria, en die kandidaat moet in Pretoria woonagtig wees alhoewel die personeelspan grootliks van hul huise af werk.

Die tydskrif het landwyd adverteerders.

Die geskikte kandidaat, wat direk aan die Redakteurs verantwoordelik sal wees, sal redaksionele en administratiewe steun ontvang. Die persoon moet egter sterk selfstandig kan werk en tegelyk ook goed in ‘n span kan saamwerk.

Vereistes

  • ‘n Bewese suksesrekord van advertensieverkope
  • Moet ‘n advertensiewerwing- en bemarkingsplan kan help opstel
  • Moet self die advertensiewerwing en kliënteversorging kan doen
  • ‘n Aanvoeling vir die seniors-marksektor (vyftig-plussers) en diensteleweraars op dié gebied in Suid-Afrika is noodsaaklik
  • ‘n Geskikte kandidaat sal waarskynlik self in die ervare lewensgroep van 48-70 jaar wees. (Hierdie kan ook die ideale soort pos wees vir ‘n persoon wat onlangs afgetree het of binnekort aftree)
  • Rekenaargeletterdheid
  • Goeie taalvaardigheid in Afrikaans en Engels
  • Eie vervoer, eie telefoon en huiskantoorgeriewe
  • Moet bereid wees om van tyd tot tyd te reis
  • Na matriek, ‘n verdere toepaslike kwalifikasie/s bv. graad, diploma, kursusse gevolg.

Voordelig

  • Kennis en ervaring van skakelwerk, bv. die reël van promosiegeleenthede, skakeling met lesersgroepe, kliëntegroepe of toepaslike verenigings.
  • Bestaande of vorige skakelnetwerke sal u sukses help bepaal. Moet nuwe adverteerders kan help vind.

Die basiese salaris sal bepaal word op grond van die waarde wat jy na verwagting tot die besigheid sal bydra, met inagneming van jou verkope-rekord, netwerk in die bedryf, en voorgestelde prestasieteikens.

Desired Skills:

  • advertising
  • media
  • sales
  • public relations

Pillangó Placements

About the agency

Pillangó Placements has been operating since 1999 and, since then, we have successfully recruited in various industries including finance, retail, engineering, IT, health, logistics, insurance and office support. The name Pillangó represents transformation, hope and positive change.

Receive a daily digest of all new jobs matching this job. Your information is safe with us and you can cancel any time.

Expires in 21 days

Email me jobs similar to: Advertising Sales Representative (Afrikaans)

Receive a daily digest of all new jobs matching this job: Senior IT Auditor. Your information is safe with us and you can cancel at any time.